• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Houtkapper Tak

Die Houkappertak van SA Jagters is amptelik op 4 Maart 2014 gestig. Die tak het tans bykans 600 lede. Gereelde tak aande en ander ledevergaderings word in die klubhuis by die skietbaan gehou, asook tak skietdae op ons se eie baan, die Koos Kruger skietbaan.
Die tak is familie georiënteerd en ons probeer sovêr moontlik die hele gesin betrokke kry. Daar word gepoog om 2 Skietkompetisies en 6 ander skietdae per jaar te hou. Toegewyde Jagters en Sportkursusse word ten minste 2 maal per jaar aangebied. Junior opleiding en junior skietdae word 4 keer per jaar gereël.
Ons het ook 'n ook groot groep haelgeweer entoesiaste en ons hou jaarliks ‘n Haelgeweer Nag skiet wat al hoe meer gewild raak.
Die tak kommunikeer hoofsaaklik per e-pos en in noodgevalle per sms met lede. Daar is ‘n informele Whattsapp groep gestig vir die meer aktiewe lede.
Die tak se hoof fokus is tans nog op die verdere ontwikkeling van ons Skietbaan. Ons ondersteun ook lede met inligting oor die plasing van uil hokke in die omgewing.

Kalender

29 Jul 2026
06:00PM -
Bestuursvergadering
12 Aug 2026
06:00PM -
Algemene Jaar Vergadering
15 Aug 2026
08:00AM -
Takskiet (Jnr. & Snr.)
15 Aug 2026
08:00PM -
Junior Opleiding

Tak Nuus

 

Vir die wat belangstel in ʼn afskrif van die kalender vir 2026, dit is HIER beskikbaar. 

Jagsake

Die jagmeester hou 'n Jagregister by. Die registers is by die lede-aande beskikbaar en ons versoek dat u asseblief die registers voltooi om ons databasis te help aanvul.

Op SAJWV se web bladsy is daar heelwat inligting oor Jag-bestemmings beskikbaar. Kyk gerus hier.

Trofees word jaarliks in April en September tydens die lede-aande gemeet. 

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Die tak se skiet-aktiwiteite vind soos per die tak-kalender op die Koos Kruger skietbaan plaas. Besoekers is baie welkom!Skietoefeninge en/- Read More
  • Ledevergaderings

    Daar word deur die loop van die jaar 'n paar ledevergaderings/takaande gehou wat bestaan uit 'n kort formele sessie waar Read More
  • Opleiding

    Die Wet op Vuurwapenbeheer 60 van 2000 tesame met sy regulasies, maak voorsiening vir toegewyde lede van 'n geakkrediteerde Jagtersvereniging Read More
  • 1

We have 110 guests and no members online